Cirrus doen verslag oor sy skaapbedryf navorsingOctober 8, 2025

Tydens die Lewendehawe Produsente Organisasie se kongres in die hoofstad het die lede na die volhoubaarheid gekyk van die skaapbedryf in Namibië en watter markte die beste sal wees om na uit te voer. Die LPO het Cirrus Capital genader om navorsing in die verband te doen. Romé Mostert, ‘n medestigter van Cirrus het die bevindinge gedeel.

Mostert en sy span het ook met verskeie abattoirs gepraat met Farmers’ Meat Market vooraan, maar op die oomblik wag die span nog op ‘n duidelike terugvoer van mark belangstelling.