Coenie Botha gedagvaar vir N$842 000October 8, 2025
Bank Windhoek dagvaar Coenie Botha en Hallie Investments Number Thirty Eight vir onderskeidelik 842 000 Namibiese dollar en 250 000 dollar. Die saak handel oor ‘n eiendom in Swakopmund wat uiteindelik deur die bank verkoop is wat hy sê hy volmag voor gehad het. Hallie Investments is genoem omdat, volgens die bank, borg van 250 000 dollar geteken is op die lening. Botha verdedig die saak en ontken dat die borgskap-ooreenkoms geldig is. Die saak kom vandag voor regter Beatrix de Jager voor en datums vir verdere liassering deur die partye sal bepaal word.