Grense aangepas vir groente-invoere in OktoberOctober 8, 2025
Die Namibiese Akkerbouraad het die grenssluitings vir Oktober bekend gemaak. Die grens is tans gesluit vir invoere van beet, botterskorsie, kool, Engelse komkommer, uie, pampoen, kersietamaties, ronde tamaties en spinasie. Invoere van skorsies, gewaste aartappels en soetmielies word toegelaat. Pro-rata invoere is van toepassing op wortels, gekleurde soetrissies, groen soetrissies, patats, konfyt-tamaties, waatlemoen, spanspek en Iceberg-blaarslaai.