Kongreslede looi Bondi in bitsige sessieOctober 8, 2025
Die Amerikaanse prokureur-generaal Pam Bondi, wat deur president Donald Trump gekies is om die departement van justisie te lei, moes in ‘n soms bitsige sessie vrae in die Kongres antwoord oor politieke druk op die departement. Dit volg nadat Trump op sosiale media haar gedruk het om sy politieke teenstanders te ondersoek. Daar was ook onder andere vrae oor haar besluit om nie meer lêers rakende Jeffrey Epstein vry te stel nie, en die ondersoek na die voormalige FBI-direkteur James Comey. Toe sy deur die Demokratiese senator Dick Durbin van Illinois gevra is of die Withuis haar geraadpleeg het voor die Nasionale Wag na Chicago ontplooi is, het sy gesê dat sy geen interne gesprekke gaan bespreek nie. Luister na die res van die sessie.