Million Dollar One Point Slam vind net voor Aussie Ope plaasOctober 8, 2025
‘n Ongelooflike 1 miljoen Australiese dollar, of 11,3 miljoen Namibiese dollar is op die spel in ‘n toernooi tussen amateurs en hoëprofiel-spelers, insluitend wêreld-nommer-een, Carlos Alcaraz van Spanje, in Australië in Januarie. In die sogenaamde Million Dollar One Point Slam speel tien amateurs teen 22 beroepspelers voor die begin van die Australiese Ope in Melbourne. Deelnemers sal ‘klip-papier-skêr’ speel om te bepaal wie afslaan en wie ontvang, en die wenner van die enigste punt dring deur na die volgende ronde. Die finale wenner stap huis toe met die boerpot.