Nust-raad sit visekanselier op voorsorgskorsingOctober 8, 2025

Die raad van die Namibiese Universiteit van Wetenskap en Tegnologie, Nust, sê in ‘n verklaring hy het beslissend opgetree in reaksie op onlangse bewerings van wanbestuur teen die visekanselier, professor Erold Naomab. Die raad het besluit om ‘n forensiese ondersoek van stapel te stuur wat die bewerings onafhanklik en onpartydig sal ondersoek. Dit sal deur ‘n firma van buite met die nodige kundigheid gedoen word om objektiwiteit en integriteit te waarborg. Om die integriteit van die ondersoek te beskerm is Naomab van vandag af op voorsorgskorsing geplaas. Die raad het professor Andrew Niikondo as waarnemende visekanselier en professor Erling Kavita as waarnemende adjunk-visekanselier van onderrig, leer en tegnologie aangestel, om kontinuïteit in leierskap en operasionele stabiliteit te verseker.