Pikkie Paradys sê oor gewapende roofOctober 8, 2025

Pikkie Paradys, die kleuterskool wat op 30 September die teiken van ‘n gewapende roof was, sê in ‘n verklaring dat die kontant, volgens die polisie, 100 000 Namibiese dollar, op die perseel was as gevolg van betalings vir die skool se fotoweek. Die rowers, wat nie hulle gesigte bedek het nie, het ook net die kantoor, wat apart van die skool is, geteiken en geen kind of personeellid is beseer nie. Die skool sal voortaan ‘n kontantlose stelsel implementeer en voeg by dat ten spyte van omvattende veiligheidsreëlings en sekuriteit in plek, wys hierdie voorval dat misdadigers voortdurend nuwe maniere vind om sekuriteit te omseil. Die skool sê hy bly verbind tot die veiligheid van sy leerders en personeel.