Uitspraak in LPM-volksmoordsaak op 18 NovemberOctober 8, 2025

Uitspraak in die aansoek deur die LPM se Bernadus Swartbooi en verskeie Ovaharero en Nama tradisionele owerhede sal op 18 November gelewer word. Swartbooi wil Duitsland dwing om die hoërhofsaak, waar die partye die Gesamentlike Verklaring deur Duitsland en Namibië rakende die volksmoord ter syde wil stel, te betree. Regters Hannelie Prinsloo, Orben Sibeya en Beatrix de Jager hoor die aansoek aan.