Boko stel belang in Namport, oliesektor October 9, 2025
Die president van Botswana, Duma Boko is tans in die land en het reeds met president Netumbo Nandi-Ndaitwah vergader. Boko, wat op die oomblik hard daaraan werk om sy land se ekonomie weg van diamante te diversifiseer, sê hy stel belang in die oliesektor en ook om beleggings by Namport te maak. Hy het nie Walvisbaai se hawe genoem nie maar, dit sal waarskynlik daar wees omdat die hawe Botswana met die buiteland verbind. Gedurende haar besoek aan die buurland in Mei vanjaar, het Nandi-Ndaitwah gesê dat die twee lande saam wil werk om ‘n raffinadery te bou. Die twee presidente sal môre die staatshoofberaad hou met die Botswana-Namibië Bilaterale-kommissie wat die week in die hoofstad plaasgevind het.