Brittanje se plastiekafval-uitvoere na armer lande styg 84%October 9, 2025
Brittanje se uitvoere van plastiekafval na ontwikkelende lande het in die eerste helfte van hierdie jaar met 84-persent gestyg vergeleke met verlede jaar. Dit is volgens data van die Last Beach Cleanup. Die toename in uitvoere was hoofsaaklik na Indonesië en Maleisië. Die persentasie Britse plastiekafval wat direk na lande wat nie binne die Organisasie vir Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling is nie, was 20-persent van die totale plastiekafvaluitvoere vanjaar. Die VK is een van die top drie lande wat plastiekafval uitvoer – sowat 600 000 ton per jaar.