EU plaas fokus op KI-ontwikkelingOctober 9, 2025
Die Europese Unie het Europese ondernemings in kritieke sektore aangesê om die gebruik van kunsmatige intelligensie te verhoog en het hul ook aangespoor om hul afhanklikheid van buitelandse KI-verskaffers te verminder. Die EU is wel agter teenoor Amerika en China, maar Brussel glo hy kan steeds meeding in die globale KI-wedloop. Die Europese Kommissie sê om dit te bereik, gaan hy 20 miljard Namibiese dollar beskikbaar stel om sleutelsektore soos farmaseutiese produkte, energie en verdediging te bevorder, om Europese KI-aangedrewe instrumente te bevorder en gespesialiseerde KI-modelle te ontwikkel.