Namibia moet bek-en-klou sukses bewaar: NLU-presidentOctober 9, 2025

Namibië se uitvoerstatus is ‘n seldsame Afrika-sukses en dit moet beskerm word. Dit was die boodskap van die president van die Namibiese Landbou-unie, Thinus Pretorius, wat aan boere by die NLU-kongres in Windhoek gesê het dat die land goeie vordering maak om bek-en-klouseer in toom, en uit te hou.