Skool versuip onder rioolOctober 9, 2025

Die Leevi Hakusembe Hoërskool in Kavango Wes is weer in die nuus na dit in 2020 deur Nanso gesluit is as gevolg van higiëne en sanitasie uitdagings. Destyds is die graad 11 en 12 leerders huis toe gestuur. Die skool word deur rou riool-oorstromings geteister wat klaskamers en die koshuis raak. Die skool se rioolstelsel gee sedert 2010 in en leerders en personeel beskryf die toestande as ondraagbaar. Die infrastruktuur is in 1980 gebou en is voldoende vir 400 leerders. Daar is tans 900. Geboue val ook uitmekaar uit.