Staking begin by Stad WindhoekOctober 9, 2025
Die Stad Windhoek het aangekondig dat ‘n groep vaste termyn-kontrakwerkers in die vaste afvalbestuur afdeling van vandag af met ‘n beskermde staking begin. Die industriële aksie volg op ‘n dispuut oor vergoeding en voordele-eise. Die stakende werkers is hoofsaaklik verantwoordelik vir rommel optel, strate vee en algemene skoonmaakdienste in verskillende woon- en sakegebiede. Gebeurlikheidsmaatreëls is ingestel om ontwrigtings in rommel-optel en algemene netheid in die stad te verminder. Inwoners word versoek om in hierdie tydperk saam te werk deur by die praktyke vir behoorlike afvalverwydering te hou en onwettige storting te vermy.