Vrou, 21, vas na sy dwelms in aanhoudingselle wou smokkelOctober 9, 2025
Die Oshakati-polisie het ‘n 21-jarige vrou by die polisie aanhoudingselle gearresteer na sy gepoog het om dwelms en onwettige tabakprodukte in te smokkel, versteek in die kos. Dit was tydens besoektyd. Daar is beslag gelê op 33 gram dagga en 40 enkele Yes-sigarette. Die waarde van die items is net meer as 1 700 Namibiese dollar. Sy sal vandag in die hof op die dorp verskyn.