Grossi sê IAEA werk saam met Afrikalande oor kernkragOctober 10, 2025

Die direkteur-generaal van die Internasionale Energie-agentskap, Rafael Mariano Grossi, sê namate Afrika-lande na kernkrag beweeg, is samewerking die sleutel om te verseker dat die vordering veilig en seker is. Meer as 20 Afrika-lande ondersoek die potensiaal van kernenergie, ook Namibië, met Suid-Afrika en Egipte wat reeds die voortou neem. Grossi sê finansiering en regulering sal die sleutel wees om die potensiaal te verwesenlik. Hy voeg by dat die IAEA nou saamwerk met Afrika-lande om die wetlike, veiligheids- en tegniese raamwerke te skep wat nodig is om te verseker dat die uitbreiding veilig en beskermd plaasvind.