Israel gee lys van 250 gevangenes wat vrygelaat gaan wordOctober 11, 2025

Israel se justisieministerie het ‘n lys van 250 gevangenes gepubliseer wat as deel van die wapenstilstands-ooreenkoms met Hamas vrygelaat sal word in ruil vir gyselaars wat steeds in Gaza aangehou word. Dit is sonder die name van verskeie senior Palestynse militante leiers wat as weerstand-simbole beskou word en wie se vrylating Hamas geëis het. Een van hulle is Marwan Barghouti, wat in 2004 tot lewenslange tronkstraf gevonnis is vir moord. Israel beskou hom as ‘n terroris, maar ondersteuners beskryf hom soms as die “Palestynse Mandela”.