GRN bestee meer aan skuld as ontwikkelingOctober 12, 2025

Die Namibiese regering besteen 9,6 miljard Namibiese dollar van sy eie fondse op die ontwikkelingsbegroting vir die huidige boekjaar, 30 persent minder as die 13,7 miljard dollar wat hy op sy skuld bestee. Die Tender Bulletin berig dat selfs al word lenings van 3,16 miljard dollar vir ontwikkeling bygereken, is die totaal van 12,76 miljard dollar steeds minder as sy skuldterugbetalings. Regeringskuld het sedert 2013-2014 van 3,8 persent tot 13,3 persent gestyg terwyl besteding op infrastruktuur met 40 persent tot 9 persent gedaal het.