Grondwetsontwerp: Moenie bekommer oor onteieningOctober 12, 2025
Reaksie word steeds ontvang oor die Grondwetsontwerp wat by die Nasionale Vergadering heringedien is. Ten spyte van heelwat negatiewe kritiek, meen kenners daar is nie groot veranderinge gemaak nie. Mark Kutzner, besturende vennoot by Engling, Stritter and Partners, meen boere hoef hulle nie oor onteiening te bekommer nie. Hy het by die Namibiese Landbou-unie se jaarlikse kongres gepraat.