Motsoaledi wil hê Afrika moet openbare gesondheid versterkOctober 12, 2025
Die buurland se gesondheidsminister, Aaron Motsoaledi, moedig Afrika-leiers aan om openbare hospitale in hul lande te versterk en daarin te belê. Hy het verlede maand suksesvolle oogoperasies ondergaan, gelei deur ‘n span hoofsaaklik jong mediese personeel by die Chris Hani Baragwanath-hospitaal in Johannesburg se St John-oogkliniek. Die minister sê Afrika is die enigste vasteland waar die leiers mediese dienste in die buiteland gaan soek.