Akkerbouraad gee N$5m vir aartappelsOctober 13, 2025

Die Namibiese Akkerbouraad het ‘n totaal van 5,5 miljoen Namibiese dollar beskikbaar gestel vir die 2025/2026 finansiële jaar vir sy aartappel waardekettingsontwikkeling skema. Dit is daarop gemik om kommersiële aartappelproduksie in Namibië in die volgende vyf jaar te stimuleer met jaarlikse invoere van amper 22 000 ton. Die skema teiken jaarliks 45 produsente. Beperkte toegang tot finansiering, en ‘n gebrek aan kennis oor beste aartappelproduksie praktyke is as sleutel uitdagings geïdentifiseer. Die produksiekoste vir aartappels in Namibië word beraam op ongeveer 200 000 dollar per hektaar.