Bejaarde boer loop deur onder veedieweOctober 13, 2025

Die Erongo-polisie sê 15 bees is in die Tubusis-gebied in die Karibib-distrik gesteel met verdagtes wat eenvoudig die kraal se  drade geknip het en die diere aangejaag het. Die klaer, ‘n 78-jarige pensioenaris, sê die diere is vermoedelik Donderdagnag gesteel. Volgens die mag is 12 diere lewend gevind met twee wat reeds geslag was. Een dier is steeds soek. Die totale waarde van die diere is op 162 000 Namibiese dollar beraam. Geen arrestasies is gemaak nie en die ondersoek duur voort.