COP30: Eerste Tipping Point-verslag sê dis dalk te laat vir koraalriwweOctober 13, 2025

Aardverwarming oorskry gevaarlike drempels vinniger as verwag, met die wêreld se koraalriwwe wat nou in ‘n byna onomkeerbare uitsterwing verkeer. Dit is volgens wetenskaplikes die eerste kantelpunt in klimaatgedrewe ekosisteemineenstorting. Die waarskuwing is in die Global Tipping Points-verslag vervat. Die verslag wat deur 160 navorsers wêreldwyd voorberei het, gebruik baanbrekende wetenskap om punte van geen terugkeer te skat en kom net weke voor vanjaar se COP30-klimaatberaad wat aan die rand van die Amasone-reënwoud in Brasilië gehou word. Dit begin op 10 November.