Kaza-veldwagter vra vandag vir borgOctober 13, 2025

Die hoof-veldwagter vir die Kavango-Zambezi oorgrens-bewaringsgebied sal na verwagting vandag in die Okahandja-landdroshof verskyn om aansoek te doen vir borg. Dit kom na hy vroeër die maand op aanklagte van sameswering om spesiaal beskermde wild te jag, en die besit van ‘n vuurwapen en ammunisie sonder ‘n lisensie. Willem Ponahazo het, volgens die staat, in April vanjaar ‘n geweer na Windhoek gekoerier, wat deur vermeende stropers afgehaal is en gebruik is om ‘n renoster in die Okahandja-distrik te stroop. ‘n Lasbrief vir sy arrestasie is uitgereik, maar hy was in die Verenigde Koninkryk vir studies. Hy het homself oorgegee toe hy van die lasbrief verneem het.