Kunene bewareas slaag weer teen mynbouOctober 13, 2025

Die Kunene-gebied word toenemend ‘n mynwese gebied met bewareas en toerisme-konsessies wat groot kommer het oor veral die bewaring van die swartrenoster. In ‘n tweede regsgeding deur die Doro !Nawas en Uibasen Twyfelfontein bewareas, saam met die #Audaman tradisionele owerheid en Ultimate Safaris, is ‘n tydelike interdik deur die hoërhof toegestaan teen nege respondente wat eksplorasie-lisensies besit. Dit is die sesde dringende aansoek en die interdik bly van krag tot die hersiening deur die hof, oor die aangeleentheid, voltooi is.