Meer as 8 selfmoordpogings daagliks in NamibiëOctober 13, 2025
Namibië het in die 2023-24 boekjaar 2 937 gevalle van poging tot selfdood aangeteken, die hoogste ooit op rekord. Die lyministerie het in 2023 gesê die land se selfdood-syfer staan op 21 per 100 000 met rondom 615 gevalle van selfmoord wat in 2023 aangeteken is, meer as een geval elke dag. In 2019 is Afrika se selfdood voorkoms op 11,2 per 100 000 aangeteken teenoor die globale syfer van 9 per 100 000. Die hoogste voorkoms van selfdood in die land is onder mans wat 82 persent van die gevalle tussen Augustus 2022 en Junie 2023 uitgemaak het.