Rekords spat op nasionale boogskut-kampioenskappeOctober 13, 2025
Die Boogskut-vereniging van Namibië het oor die naweek sy binnenshuise nasionale kampioenskappe vir teikenskiet en veld-boogskiet by die Swakopmund-sokkerklub gehou. Verskeie nasionale rekords is verbeter, waaronder Jannie Meuwesen wat die nasionale rekord vir saamgestelde-boogskiet vir mans van 297 uit 300 tot 299 uit 300 verbeter het. Die kampioenskappe het sowat 27 boogskutters van reg oor die land gelok, wat in kategorieë van beginners tot veterane meegeding het. Vyf para-boogskutters het ook deelgeneem, waarvan drie nuwelinge was. Die volgende groot byeenkomste is die Khomas-veld-skiet by Yellowstone in Windhoek in November en die teiken-jaareind-skiet in Swakopmund in Desember.