Ekonoom sê repokoers bly onveranderdOctober 14, 2025

Simonis Storm-ekonoom Almandro Jansen sê die sentrale bank sal môre die repokoers onveranderd, op 6,75 persent hou. Die monetêre beleidskomitee vergader vandag. Volgens Jansen sal die besluit waarskynlik die sentrale bank se versigtige houding weerspieël te midde van ‘n effense styging in inflasie wat in September op 3,5 persent ingekom het, vergeleke met 3,2 persent in Augustus. Maar, hy sê aan The Brief dat daar wel nog  ‘n rentekoersverlaging van 25 basispunte in die pyplyn is voor die einde van die jaar.