Ministers kry opdrag om Botswana-ooreenkomste te ondertekenOctober 14, 2025
Die kabinet het die ondertekening van memorandums van verstandhouding tussen Namibië en Botswana op vyf gebiede goedgekeur. Dit is energiebronne, arbeidssamewerking en meer. Met die aankondiging van die kabinetsbesluite sê inligtingsminister Emma Theofelus dat die lynministers opdrag gegee is om die ooreenkomste te onderteken.