Rajoelina vlug uit MadagaskarOctober 14, 2025
Madagaskar se president, Andry Rajoelina, het uit die land gevlug en dis nie bekend waar hy is nie. ‘n Militêre bron het aan Reuters gesê dat Rajoelina Madagaskar Sondag verlaat het nadat eenhede van die weermag by Gen Z-betogers aangesluit het. Hy het gesê dat Rajoelina vanaf die Sainte Marie-lughawe uit die land gevlieg het aan boord van ‘n Franse militêre vliegtuig. Die Franse radiostasie RFI sê dat Rajoelina ‘n ooreenkoms met president Emmanuel Macron gesluit het.