Romeinse grafsteen in New Orleans tuin gevindOctober 14, 2025

‘n Gesin in New Orleans wat hul oorgegroeide agterplaas skoongemaak het, het ‘n eeue oue Romeinse artefak ontdek. Die marmer tablet is die grafsteen van Sextus Congenius Verus wat deel was van die Romeinse vloot en dit is reeds jare lank vermis. Die tablet was in ‘n antieke begraafplaas van ongeveer 20 grafte van militêre personeel, wat in die 1860’s wes van Rome ontdek is. Die teks daarvan is in 1910 opgeneem en ingesluit in ‘n katalogus van Latynse inskripsies. Na ondersoek ingestel is, is daar bevind dat die vorige eienaar van die eiendom die tablet van haar grootouers – ‘n Italiaanse vrou en ‘n boorling van New Orleans – ontvang het. Hulle het dit as tuin ornament gebruik en daarvan vergeet toe hulle die huis verkoop het. Die FBI werk saam met Italiaanse owerhede om die tablet terug te gee.