Twee renosterkoeie op Omaruru-plaas gestroopOctober 14, 2025
Die Erongo-polisie bevestig twee renosters is tussen Vrydag en Saterdag by Omaruru gestroop in afsonderlike voorvalle. In die eerste geval, op die jag- en safari-plaas Okosongoro is ‘n swart renosterkoei gestroop en haar horings verwyder. Dieselfde lot het ‘n witrenosterkoei getref, ook op Okosongoro. Die polisie sê ballistiese bewyse is ingesamel en die ondersoek duur voort. Die staat besit alle swartrenosters en terwyl daar ‘n renoster bewaringprogram is waar privaat eienaars die diere namens die staat aanhou, word die inligting nie gepubliseer nie.