1 500 verwyder van Yango-platformOctober 15, 2025
Die vervoerminister Veikko Nekundi sê ongeveer 1 500 voertuie wat sonder die korrekte permitte en lisensies bedryf is, is van die Yango-platform verwyder. Sedert hy die amp betree het, werk Nekundi baie hard aan nakoming in die taxi-sektor. Hy sê daar is 295 lisensie-aansoeke wat nog geprosesseer word en 215 operateurs het dokumente ingedien vir nakoming. Hy sê sy span sal wel self ondersoek by Yango se kantore instel. Yango het die afgelope tyd die nuus gehaal met – wat as fopbestuurders aangehaal word – wat hulle skuldig aan misdaad maak.