4×4 Vasbyt bied ook ‘drifting’ en ‘spinning’October 15, 2025

Die 4×4 Vasbyt keer terug vir die vierde uitgawe in Windhoek op Saterdag, 25 Oktober by die Tony Rust-renbaan. Bianca Oosthuizen van 4×4 Vasbyt Namibië het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die geleentheid ook “drifting” en “spinning” sal aanbied. Na ‘n agt jaar lange onderbreking is die geleentheid verlede jaar na die hoofstad teruggebring.