Berigte van noodlanding van besigtigingsvlug October 15, 2025
Media aan die kus berig dat ‘n besigtigingsvlug na Sossus ‘n noodlanding Maandagmiddag naby Meobbaai moes uitvoer. Volgens die Atlantic Gazette was daar sewe persone aanboord en net ligte beserings is aangemeld. Twee deurwinterde toergidse het gisteraand per voertuig na die toneel vertrek en behoort binnekort in Walvisbaai aan te kom met al die insittendes. ‘n Polisie-helikopter sou ook gister ontplooi maar toestande was uiters ongunstig.