Gesondheid se personeel kos hom N$113 000October 15, 2025
Wangedrag deur die lynministerie se personeel by die Oshakati-staatshospitaal op 28 Maart 2021, het hom duur te staan gekom. Lucia Bauleth het die ministerie hof toe gesleep na haar bejaarde ma by die hospitaal fisies en mondelings aangerand is. Die voorval is op video vasgelê. Die ministerie het geskik vir ‘n betaling van 50 000 Namibiese dollar sowel as Bauleth se regskostes. Die bepaling word vandag gedoen en sy eis 63 400 dollar in regsfooie.