NBC is boos vir IPC-LP John-Louw MoutonOctober 15, 2025
Die NBC het ‘n verklaring uitgereik na aantygings deur die IPC-parlementslid John-Louw Mouton oor agterstallige belasting en korrupsie by die uitsaaier. Hy sê sy huidige belasting saldo staan op 3 miljoen Namibiese dollar, die aftrekkings vir die maand en is betaalbaar teen 20 Oktober. Hy sê hy is in goeie aansien by NamRA en het sedert 2021 aan al die nodige vereistes voldoen. ‘n Agterstand van 33 miljoen dollar, wat oor etlike dekades voor NamRA se stigting opgehoop het, is formeel deur die lynministerie in 2024-25 afgeskryf. Die ouditeur-generaal oudit ook die korporasie en die verslae word in die parlement voorgelê. Tot op hede is geen wanpraktyk teen die korporasie aangemeld nie.