Skole kry vakansiedag op verkiesingsdag, 26 NovemberOctober 15, 2025

Die onderwysministerie het aangekondig dat Woensdag, 26 November as ‘n vakansiedag vir skole geklassifiseer is. Die streekraad- en plaaslike owerheid-verkiesings vind op daardie dag plaas. Koshuise sal egter oop bly. Die ministerie sê die laaste skooldag vir leerders vanjaar is Vrydag, 5 Desember. Die laaste dag vir onderwysers, koshuispersoneel en institusionele werkers is Dinsdag, 9 Desember, en skoolrapporte moet teen daardie datum uitgereik wees.