BOSA wil weet hoe 450 000 kinders uit skool geval hetOctober 16, 2025

Build One South Africa doen ʼn beroep op die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, om rekenskap te gee oor die skoolverlatingskrisis in die land. Sowat 450 000 leerders het uit die stelsel verdwyn voordat hulle graad 12 gehaal het. BOSA-woordvoerder, Roger Solomons, sê dringende ingryping is nodig om die probleem te hanteer. Hy sê dit sluit in minder leerders per klas, beter ondersteuning aan onderwysers, ʼn einde aan begrotingsbesnoeiings in onderwys, en psigososiale en voedingsondersteuning aan behoeftige leerders.