Dickmann maak goeie vordering met Google-saakOctober 16, 2025
Henner Diekmann se saak teen Google se reël nisi is vir vandag vasgestel. In stukke sê hy aan regter Thomas Masuku dat hy wel beslag gelê op verskeie Google-handelsmerke wat plaaslik geregistreer is. Die saak handel oor artikels oor Diekmann wat hom laster. Hy het reeds teen The Namibian ‘n saak in die verband geloods en gewen maar, die artikels is steeds beskikbaar op Google. Diekmann se regsman Ulrich Etzold sê hulle het die betekening van die Ediktale Aanhalingsdokumente aan die Respondent voltooi. Wanneer hy die handelsmerke bekom baan dit die weg vir hom om Google te dagvaar vir 600 000 Namibiese dollar in skadevergoeding.