Etunda-voerkraal vorder October 16, 2025
Die konstruksie rakende die reuse voerkraal wat by die Etunda-groenskema opgerig word, vorder. Skema-bestuurder Sacky Shilyomunhu sê kontrakteurs vorder en die voerkraal behoort teen middel 2026 voltooi te wees. Die 80 miljoen dollar projek is einde Julie vanjaar in ‘n sooispitseremonie van stapel gestuur. Dit behoort 1 000 beeste af te rond. Die fasiliteit vorm deel van die Europese Unie-Namibië-vee-ondersteuningsprogram wat daarop gemik is om veeproduksie in die noordelike gemeenskaplike gebiede te bevorder. Die projek is deel van ‘n breër steunpakket van 400 miljoen dollar wat gesamentlik deur die Europese Unie en die Namibiese regering befonds word.