George Ford sê nee vir R360, wil vir Engeland speelOctober 16, 2025
Rugby: Die Engelse losskakel George Ford het onthul dat hy ‘n aanloklike aanbod van die nuwe wegbreekkompetisie, R360, van die hand gewys het om steeds vir sy land te kan speel. Hy het sy kontrak met Sale Sharks met nog drie jaar verleng. Engeland se rugby-unie het vroeër gewaarsku dat spelers wat by R360 aansluit, nie vir die toetsspan geskies sal word nie. Die 32-jarige veteraan van 102 toetse sê hy het steeds ‘n passie om vir sy land te speel, en het nog baie om te bied.