Jack Huang se saak afgehandel, skuld N$50mOctober 16, 2025

Die saak waar regter Esi Schimming-Chase beveel het dat die omstrede Chinese sakeman Jack Huang se Jack’s Trading amper 50 miljoen dollar in heffings in verband met doeane en aksyns-wetgewing moet betaal, is weer in die hof voor regter Andrew Corbett. Huang het ‘n teeneis ingesit rakende die aanstelling van Jacqueline Gawanas as waarnemende kommissaris by doeane en aksyns maar, die eis is vanoggend onttrek en dus is die saak afgehandel. Die finansminister het die saak gebring rakende heffings op die invoer van sement geplaas het, in verskillende persentasies vir verskillende periodes. Huang het Portland-sement ingevoer.