Meer bouplanne vir hoofstad, laer waardeOctober 16, 2025
Die Stad Windhoek het in September 207 bouplanne ter waarde van 180,1 miljoen Namibiese dollar goedgekeur, 45 meer as in Augustus. IJG Securities sê in waardeterme het goedkeurings met 33,6 miljoen dollar gedaal, wat ‘n afname van 15,7 persent op ‘n maandgrondslag verteenwoordig en ‘n afname 52 persent op ‘n jaargrondslag weerspieël. Die jaar-tot-datum waarde van goedgekeurde bouplanne het 1,56 miljard dollar bereik, 3,8 persent laer as dieselfde tydperk ‘n jaar gelede.