Twee vas vir dwelms van N$618 910October 16, 2025
NamPol het vanoggend twee mense in Hentiesbaai gearresteer vir dwelmhandel, by ‘n adres in Libertina Amadhilastraat. Daar is beslag gelê op 8 821 gram dagga, 1 467 vol Mandrax-tablette asook vier blokke en vier eenhede crack-kokaïen. Die totale waarde van die dwelms is 618 910 Namibiese dollar. Die verdagtes, ‘n 53-jarige man en 41-jarige vrou, albei Namibiërs, sal in die Swakopmund landdroshof verskyn. Die ondersoek duur voort.