Gevaarlike hittetoestande ook vir VSA F1 Grand Prix verklaarOctober 17, 2025

Motorsport: Die Internasionale Motorfederasie het die naweek se Formule Een Grand Prix in Amerika verklaar tot ‘n wedren met gevaarlike hittetoestande te midde van hoë temperature in Austin. Temperature in Sentraal-Texas sal na verwagting tydens môre se snelren en Sondag se wedren tot bo die perk van 31-grade Celsius styg. Dit is die tweede agtereenvolgende wedren waar renjaers die keuse sal hê om verkoelings-frokkies te dra, soos in die Singapoerse Grand Prix vroeër die maand. Dit sal van volgende jaar ‘n verpligte kenmerk wees in wedrenne met hitte-waarskuwings.