Huishoudelike koopkrag bly swakOctober 17, 2025

FNB sê in ‘n ontleding huishoudelike kredietgroei het ‘n beskeie verbetering tot 2,8 persent op ‘n jaargrondslag in Augustus getoon, effens hoër as 2,7 persent in Julie. Hierdie marginale toename is hoofsaaklik gedryf deur ‘n beskeie herstel in die oortrokke leningsegment, hoewel hierdie kategorie vir agt agtereenvolgende maande in negatiewe gebied bly as gevolg van trae inkomstegroei wat huishoudelike leenkapasiteit beperk. Verbandkrediet het vir die tweede agtereenvolgende maand gedempte groei aangeteken en net so het ander lenings en voorskotte stabiel gebly op 5,7 persent. Huishoudelike koopkrag by swak.