Mense is jagluiperds se grootste bedreiging: vereerde kennerOctober 17, 2025

Dr. Laurie Marker van die Cheetah Conservation Fund buite Otjiwarongo is tydens die kongres van die Wêreldbewaringsorganisasie met die Kaliforniese Orde van die Kondor-toekenning vereer vir haar lewenslange bydrae tot die bewaring van jagluiperds. Marker het in ‘n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus gesê die kernwerk van die fonds is daarop gemik om te verseker dat die mens-wild-konflik met die jagluiperd verminder word.