Tamatie-uitvoere na SA steeds lamgelêOctober 17, 2025

Die uitvoer van plaaslike tamaties, en binnekort druiwe, na Suid-Afrika het vasgeval na die buurland fito-sanitêre bepalings aangepas het, reeds op 11 Augustus. Sonop Farming, die land se grootste uitvoerder na die buurland, het daardie tyd ‘n tydelike hofbevel bekom om  sy uitvoere te hervat nadat hy 2,9 miljoen Namibiese dollar daagliks verloor het. Dit het weer ineengestort en die verbod is steeds geldig. Kosmos 94.1 Nuus het met landbouminister Inge Zaamwani gepraat. Sy sê sy het nog nie van die Nasionale Plantbeskermings-organisasie, wat die bepalings gevra, het gehoor rakende ‘n bilaterale vergadering nie. Sonop het meer as 1 100 werkers in diens en intussen het die Akkerbouraad die land se grense gesluit vir enige tamatie-invoere.