Twee dogtertjies, 1 en 4, brand doodOctober 17, 2025

‘n Tragiese voorval het Woensdagnag om middernag by die DRC-nedersetting in Swakopmund voorgekom. ‘n Man se huis het begin brand en toe hy buite kom het nog ‘n huis gebrand maar die deur was gesluit. Hy het die deur afgeskop en ‘n kind van sewe het ongedeerd uitgekom maar twee ander kinders, een en vier jaar oud, is agtergelaat. Hulle het doodgebrand. Die man kon nie die twee red nie. Hulle ma was nie tuis tydens die voorval nie. Sy het eers later huis toe gekom nadat die brandweer reeds die brand geblus het.